|
Omtrent U operasie |
Chirurgie is dikwels lewensreddend van aard. Die operasie is egter 'n traumatiese ingreep en maak 'n inpak op normale fisiologie en homeostase. U narkotiseur is 'n peri-operatiewe spesialis dokter wat na u gesonheid omsien terwyl u slaap. Dit is gerusstellend om te weet dat die operasie teater n hoogs gespesialiseerde omgewing is met kindige personeel wat vir u sorg. |